Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Groenspreeu" deur P.W. BUYS
"Groenspreeu" deur P.W. BUYS [boodskap #40747] Di, 03 April 2001 03:25
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

GROENSPREEU
P.W. BUYS

“Die digter is 'n leuenaar wat altyd die
waarheid praat.” Jean Cocteau

Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.

Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas 'n pruim tot perlemoen.

Hy tierelier die suring soet,
die katjiepiering swart soos roet.

Hy vonkel, konkel, toor die son
tot 'n ranonkelrooi ballon.

Die groenspreeu is 'n kunstenaar -
soms lieg hy selfs die waarheid waar.
Vorige onderwerp: "Outspan" deur JOHAN MYBURG
Volgende onderwerp: "Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 18:57:28 MGT 2024